Local NewsNews

Ondersteun Tutela

Hardloop vir ’n goeie doel tydens die Klipkoppiefees.

JAARLIKS word daar aan Tutela, voorheen die Christelike Maatskaplike Raad (CMR), ’n vergunning gemaak om tydens die Klipkoppiefees iets te doen en vanjaar bied die organisasie ’n 5km ‘Run for a Cause’ pretloop op Saterdag 28 Mei om 07:30 aan.

‘Run for a Cause’ se hoofdoel is om geld vir die organisasie in te samel, en deelnemers kan ’n kleur kies waarin hul wil hardloop wat hul saak teenwoordig.

Dra groen vir voedingskemas, blou vir die beskerming van kinders, geel vir gesinsgeweld en rooi vir ander gemeenskapsprojekte. Die pretloop kos R50 per persoon en is verniet vir kinders onder ses. Deelnemers kom by die feesgronde bymekaar by Meyerplaas in Forestraat New Redruth, Alberton.

Vir meer inligting, skakel Elrine van Rensburg, kantoor- en bemarkingsbestuurder van Tutela, by 011 907 2922 of stuur ’n e-pos na albertontutela@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button