NewsSchools

Marais Viljoen roep oud-leerlinge

Hoërskool Marais Viljoen is vanjaar 55 jaar oud en is nou opsoek na leerlinge wat aan die skool se sukses bygedra het.

HOËRSKOOL Marais Viljoen is vanjaar 55 jaar oud en is opsoek na leerlinge wat deur die jare tot die skool se sukses bygedra het.

Die skool poog om hul eerste kermiskoningin, Dina Groenewald, wat volgens die 1962 jaarblad gehelp het om die kermis tot ’n allemintige R3 800 opbrengs te lei.

“Ons is ook opsoek na ons eerste rugbyspan van 1962, onder die kapteinskap van Mikel Basson, wat nog al die jare ’n besigheidsman in Alberton is en ’n mede-eienaar van Alberton Diensstasie (‘n familiebesigheid),” sê Dawie Janse van Rensburg, Hoërskool Marais Viljoen se ondersteunersklub koördineerder.

“Is daar nog manne van die span van 1962 in die dorp of omgewing? Laat van julle hoor. Familie of vriende wat weet wat van dié skoolhelde van vervloë dae geword het, skakel my by 011 907 9013/4 of 071 415 9943. Ek hoor graag van julle,” voeg hy by.

U mag ook belangstel in:

*albertonrecord.co.za/…/marais-viljoen-celebrates-top-academic-achievers-2/;

*albertonrecord.co.za/108154/klasmaats-kuie…aam-na-halfeeu/ ?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button