Local NewsNews

Vlytige vingers brei kopmussies

Alberton Tuiste vir Bejaardes benodig wol.

“INDIEN iemand gedink het dat senior dames van die Alberton Tuiste vir Bejaardes net op die stoep sit, maak hulle ’n fout,” het Joke Klut, ’n vrywilliger van die tehuis, gesê.

Hierdie klompie dames het besluit dat hulle iets vir ander kan beteken en het 50 kopmussies gebrei. Die oudste breier is 94 jaar oud en die mussies gaan aan pediatriese pasiënte geskenk word.

Die tehuis doen ook ’n beroep op die lede van die gemeenskap om wol of oorskietwol te skenk.

Volgens Joke sit die vroue wel op stoepe, maar dit is nie te sê dat hulle stil sit nie.

Vir meer inligting, skakel die tehuis by 011 907 8307.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button