KORFBAL GLORIE: Die 1962 eerstespan, voor: H. Green, Mej. F.P. Joubert (afrigter), L. Greyling (kaptein), H. le Maitre en R. Nel; Agter: S. Breytenbach, S. Du Toit, B. Ferreira, M. Reynierse en C. Kruger.
HOËRSKOOL Marais Viljoen kyk terug na hul skool legendes en diegene wat in die verlede diep spore in die skool se geskiedenis getrap het.
Chris van der Walt, wat hoofseun was vir 1961 en 1962 (dinge het bietjie anders gewerk daardie tyd) word vereer, sowel as die 1962 korfbal eerstespan.
As Chris, of enige van die vroue in die korfbalspan nog in Alberton is, vra Dawie Janse van Rensburg, die skool se ondersteunersklub koördineerder, dat hulle hom sal kontak op 011 907 9013/4 of 071 415 9943; e-pos na dawiejvr@maraisviljoen.co.za, of kontak die RECORD by 011 724 7000 of davidp@caxton.co.za
LEIER VAN FORMAAT: Chris van der Walt, wat in 1961, sowel as 1962, hoofseun was van Hoërskool Marais Viljoen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!