
HELPENDE Hand Alberton hou ’n groot Quizer aand om hulle takfonds ’n hupstoot te gee, sodat hulle aan die einde van die jaar byna 200 skooltassies met R250 se skryfbehoeftes kan aankoop vir minderbevoorregte, Afrikaanssprekende graad een leerders.
Dit vind op 29 Julie, om 18:30, in die Hoërskool Dinamika se skoolsaal plaas. Inwoners moet seker maak dat hulle musiek van die ou dae tot vandag ken. Daar sal verversings te koop wees.
Kaartjies kos R100 per persoon en daar is slegs 200 kaartjies beskikbaar.
Vir meer inligting, skakel vir Izna by 082 591 2128 of stuur ’n epos aan izna.andrews@gmail.com
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za



