OPVOLG: Gabriel sterf agt dae na broer
Gabriel Notnagel is vermoedelik aan ’n hartaanval oorlede.

GABRIEL Marthinus Notnagel (67), beter bekend as oom Gawie, is op 13 Julie dood in sy motor op die R59, by die Michellelaan afrit, aangetref.
Die motor het langs die pad in die bosse gestaan.
Volgens ‘n ER24 persverklaring, moes hulle een van sy motor se ruite uitbreek omdat die deur gesluit was.
“Toe ons toegang tot die voertuig verkry het, was hy alreeds dood en kon ons niks verder vir hom doen nie,” het die verklaring gesê.
Gabriel het agt dae nadat sy broer aan ’n hartaanval oorlede is gesterf.
Volgens Gawie se seun, Marthinus Notnagel, vermoed hulle dat die dood van sy broer so ‘n impak op hom gehad het, dat hy ook aan ‘n hartaanval oorlede is. Gawie was op pad na die lughawe.
Hy was die stigterslid van Brokers 2 000 en Data Real Estate, wat nou besit word deur Glen Bezuidenhout.
Gawie was ‘n geliefde en bekende inwoner van Alberton.
Hy laat sy vrou, seun en kleindogter agter.
Die REKORD het vriende van die familie gekontak, maar met die twee hartseer verliese in die familie is hulle nog nie gereed om ons te woord te staan nie.
U mag belangstel in:
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za



