Local NewsNews

Die liefde is ’n lied

’n Alberton paartjie het onlangs hul 50ste huweliksherdenking gevier.

VIR die Viljoen-egpaar is hul 50 getroude jare een goue herinnering.

Op 11 Junie het Henriëtte Fredrique Viljoen (71) en Johannes Viljoen (74), van Florentia, 50 jaar as ’n getroude paar gevier.

Dié twee het mekaar by die Gereformeerde Kerk in Florentia ontmoet, toe hulle nog jonk was, en het so te sê saam grootgeword.

“Dit was nie een van daardie liefde-op-eerste-oogslag of so iets gewees nie,” het Henriëtte gesê.

“Johannes het eendag vir my pa gevra of hy my kan uitvat en dit het maar van daaraf begin. Ons het mekaar leer liefhê so met die tyd.”

Die egpaar het vir drie jaar uitgegaan, en was vir een jaar daarna verloof voor die trouklokke vir hulle gelui het.

Henriëtte het die skoene as sekretaresse by die destydse Jan Smuts (nou die O.R. Tambo) Lughawe volgestaan, maar het dit gestaak toe die eerste baba kom, en voltyds die baadjie as tuisteskepper beklee.

Johannes het vir 43 jaar by dieselfde maatskappy as ’n meganiese ingenieur gewerk.

“Die kinders het begin vra ‘wie is hierdie oom, mamma?,'” spot Henriëtte haar man oor al die ekstra ure wat hy moes werk en ekstra studies wat hy moes voltooi.

Oor hul geheim vir ‘n lang, suksesvolle huwelik, het die egpaar die volgende raad: “Dis maar genade van Bo. Ons baklei, soos enige gesonde verhouding vereis, partykeer baklei ons sommer net, want die opmaak is so lekker,” grap hulle.

Die paartjie het vier kinders (twee seuns en twee dogters) en sewe kleinkinders.

U mag ook in die volgende belangstel:

Sestig wonderlike jare

Verster paartjie vier 69 jaar saam

Vyftig spesiale jare

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button