BAIE TROTS: Die Hoërskool Marais Viljoen is ongelooflik trots op Gustav Prinsloo, wat op 12 Augustus as die algehele wenner in die kategorie vir voorbereide toesprake in Afrikaans huistaal grade 10 tot 12, aangewys is. Hy het aan die ATKV Redenaarskompetisie se landsfinale rondte deelgeneem en is ook aangewys as die beste taalgebruiker in hierdie kategorie.