Local NewsNews

Ons gaan jou mis Gysie

Oud-inwoner sterf op 82.

GYSBERT Jacobus Maritz Ayres (82) beter bekend as Gysie is na ’n lang siekbed op Vrydag, 19 Augustus, oorlede.

Hy en sy vrou Marie het in 1975 na Alberton toe verhuis en na 41 jaar Mosselbaai toe getrek. Hy was betrokke by die rolbalklub, kerke en ander instansies.

Uit Gysie en Marie se huwelik is drie seuns en een dogter gebore. Gysie is een van vyf kinders en laat sy oudste suster, vrou, vier kinders, nege kleinkinders en drie agterkleinkinders agter.

“In liefdevolle herrinering aan ’n geliefde eggenoot, vader, oupa en oupagrootjie. Ons gaan pa baie mis, veral pa se liefde en glimlag,” het sy familie aan die RECORD gesê.

Gysie was bekend vir sy vriendelikheid en goedhartigheid. Sy gedenkdiens het op Donderdag, 25 Augustus, in Mosselbaai plaasgevind.

 

Jy gaan gemis word.
Jy gaan gemis word.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button