NewsSchools

Laerskool Randhart vat Bybelvasvra titel

Laerskool Randhart het onlangs topprys behaal in ’n jaarlikse Bybelvasvra-kompetisie.

LAERSKOOL Randhart het onlangs topprys behaal in ’n jaarlikse Bybelvasvra-kompetisie.

Op Donderdag, 4 Augustus, het Randhart se A-span aan die Bybelvasvra deelgeneem by die Super-12 kompetisie in Hennopspark, Pretoria. Hierdie span slaag toe ook daarin om as Super-12 wenners uit die stryd te tree.

Dit is voorwaar ’n fantastiese prestasie as in ag geneem word dat daar 16 skole van verskeie provinsies deelgeneem het op die dag. Hierdie span asook Laerskool Randhart se B-span het daarin geslaag om dan ook deur te dring na die ATKV se landsfinale wat in Middelburg van 21 tot 22 Oktober gehou gaan word.

U mag ook in die volgende belangstel:

*Ranties maak skool trots;

*Ranties presteer weer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button