DIT was een kleurvolle gedoente toe Namies se seuns en meisies so bietjie kleur-oorlog op die rugbyveld gehou het.
Op Vrydag, 2 September, om 13:30, het Dinamika ’n kleurfees en daarna die sterkman vertoning en kompetisie gehou om fondse in te samel vir die o.16-rugbyspan se toer volgende jaar Hermanus toe.
Die span het hierdie jaar as o.15’s baie goed gevaar, waar hulle in die Superreeks naaswenners was en ook in hul liga en die Leeusliga die semi-finale gehaal het.
Die toer gaan ’n hoogtepunt wees vir die seuns nie net omdat dit hul laaste jaar saam as ’n groep gaan wees nie, maar ook omdat van die seuns nog nooit in die Kaap was nie.
KLEURVOLLE VREUGDE: Leerlinge van die Hoërskool Dinamika geniet hulself by die kleurfees wat op 2 September by hul skool gehou is.
VERTONING VAN KRAG: Die sterkmanne (en vrou) wat aan die sterkmankompetisie deelgeneem het, saam met van die leerlinge wat vroeër in die kleurfees betrokke was.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!