LUDI VINK (30) is Donderdag oorlede weens onherstelbare breinskade nadat hy Dinsdagaand deur ‘n man van Alberton in sy oog gesteek is met ‘n snoeker stok. Die insident het plaasgevind by Mitzy’s Biker Pub, Randhart.
Ludi is deur lewegewende masjiene aan die lewe gehou tot dit Donderdagmiddag afgesit is sodat sy organe geskenk kan word.
Read: Ludi’s heart saves a patient in Cape Town
Vriende en familie is diep geskok, hartseer en kwaad dat Ludi van hul af weggeneem is. Hy is deur almal beskryf as ‘n saggeaarde, kreatiewe siel wat lief was vir sy omgewing en medemens, en nooit iemand tenagekom het nie. Hy was lief vir skilder, reis en om tyd te spandeer met sy vele vriende an familie.
“Dit is tragies. Hy was so ‘n mooi mens,” sê Hilda Stroebel, ‘n vriendin van Ludi. “Ek het hom ontmoet by my broer se huis in Jeffreysbaai. Ludi het vir ‘n ruk by my broer gebly. Hy kon pragtig skilder en het nooit ‘n lelike woord oor enigeiemand gesê nie. Hy was ‘n sagmoedige man met soveel liefde vir ander. My hart is so seer.”
Sy geliefdes beskryf hoe hy altyd ‘n hartseer bui kon ophelder. “Ludi het altyd geweet as iets fout was en maak nie saak hoe jy daai dag gevoel het nie, hy het jou dag opgekikker,” sê Cheré Stoltz, ‘n vriendin. “Ludi het die wêreld deur getoer saam met die liefde van sy lewe, sy verloofde, Clare Boadle. Hy het sy lewe geniet en was ‘n sport vir als.”
Read: [GRAPHIC VIDEO]: Man declared brain dead after brutal attack in Randhart pub
Vriende en familie glo en vertrou dat geregtigheid sal geskied. “Die man wat dit gedoen het, het ‘n wonderlike mens se lewe geneem – ‘n beste vriend, broer en seun,” sê hulle. Ons het ‘n goeie mens verloor, maar soms pluk die lewe die mooi blomme eerste. As die gemeenskap, dink ons aan sy familie deur hierdie moeilike tyd.
Also Read: SAPS now on scene at Mitzy’s
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



