NewsSchools

Dinamika rugbyspan reg om voluit te gaan

As naaswenners van die Goue Leeus-finaal in 2016, wil hulle voluit gaan en die beker verower in 2017.

HOËRSKOOL DINAMIKA se eerste rugbyspan wil voortbou op hul prestasies van 2016. As naaswenners van die Goue Leeus-finaal in 2016, wil hulle voluit gaan en die beker verower in 2017.

Daar is 11 spelers wat deel was van die span wat die liga-fase onoorwonne in 2016 afgesluit het wat wéér deel is van Dinamika se eerste span. Voorbereiding vir die 2017 seisoen het goed verloop. Die span word afgerig deur Chris Sutton (oud-provinsiale speler en Meesters Wêreldstoeikampioen) en Christo de Wet. Dié afrigters glo rugby is ‘n platform waar wen en rugby nie alles is nie, maar ‘n omgewing waar trots, werksetiek, selfdissipline, respek en kameraderie tussen ‘n groep jong mans gekweek kan word.

Hoogtepunte vir Hoërskool Dinamika se 2017 rugbykalender:

* Superreeks-kompetisie (skop af 4 Maart 2017).

* Deelname aan Hansie-week in April-vakansie.

* Fury Motorgroep se borg en betrokkenheid van die afgelope ses jaar.

* “Capping” seremonie, waar spelers erkenning kry vir hul harde werk.

* Ingebruikneming van nuwe 1 000m2 sportsentrum wat amateur stoeimatte en ander multi-sportfasiliteite insluit.

* Plaaslike derby tussen Hoërskool Dinamika en Hoërskool Alberton.

* Liga-wedstryde.

Dinamika se bepalings ten opsigte van die sport reeks is as volg:

* 4 Maart – Hoërskool Die Wilgers (tuis).

* 11 Maart – Hoëskool Bergsig (tuis).

* 25 Maart – Hoërskool John Vorster (tuis).

* 22 April – Hoërskool Ligbron (weg).

* 27 April Sport Reeks Finaal.

Kom ondersteun gerus Hoërskool Dinamika. Afrigters wens spelers alle voorspoed toe om die trofee huistoe te bring.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button