RUGBY: Die o-14 rugbyspan van Hoërskool Marais Viljoen het aan die PUK-reeks deelgeneem op 6 Mei en het hulle na ’n tawwe wedstryd 13-15 teen Hoërskool Montana verloor. Die span spog steeds met silwermedaljes. Hier is die span saam met hul afrigters, Helgard Muller en Gert Cramer.
HOËRSKOOL Marais Viljoen se wintersport spanne het op 5 en 6 Mei aan die PUK-reeks, wat in Potchefstroom aangebied is, deelgeneem.
TENNIS: Op 5 Mei, het die junior tennisspan van Hoërskool Marais Viljoen die eerste goue medaljes in die PUK Prestige-reeks, wat in Potchefstroom gehou was, ingepalm. Die span bestaan uit Mbali Langa, Bóchulé Swanepoel, Stefan du Plessis en Tatenda Mutetwa.
Al die skool se spanne het uistekend gevaar en het meeste van hulle eerste of tweede plekke behaal. Die eerste rugbyspan is ongelukkig in die finaal uitgeskakel in hul wedstryd teen Lichtenburg en spog met ‘n tweede plek en silwer medalje. Die skool is baie trots op die spanne.
HOKKIE BOKKIES: Die o-14A hokkiespan van Hoërskool Marais Viljoen het na ‘n bittertaai wedstryd in die PUK-reeks met 1-0 verloor. Hulle spog met ’n tweede plek in die reeks, wat uit 16 skole bestaan. Saam met hulle is hul afrigter, Joe Buitendag.
WELGEDAAN: Die tweede netbalspan van Hoërskool Marais Viljoen het as die wenners uit die PUK Prestige Reeks, wat gebasseer is op sterk kompetisie en die ontwikkeling van netbal onder die jeug, gestap. Saam met die span is hul afrigter, Liezel Pretorius.