HOËRSKOOL Marais Viljoen se eerste rugbyspan het op 6 Mei in die finale rondte van die PUK-reeks teen Hoërskool Lichtenburg gespeel en moes met ‘n tweede plek tevrede wees met ‘n eindtelling van 29-22 in Lichtenburg se guns.

Na ‘n wankelrige begin was die telling 0-17 in Lichtenburg se guns, maar die Marais Viljoeners gaan lê nie maklik nie. Teen halftyd was hulle met slegs vyf punte agter hul teenstanders, 22-17. In ‘n wedstryd wat as die beste PUK-reeksfinaal beskryf is, was die eindtelling 29-22 in Lichtenburg se guns en kan Marais Viljoen met reg trots wees op hul silwermedaljes.



*’n Volledige berig oor die wedstryd tussen Licthenburg en Marais Viljoen sal binnekort volg. Hou gerus ons webwerf dop vir dié opvolg.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



