HOËRSKOOL Dinamika het Vrydag, 5 Mei, en Saterdag, 6 Mei, die pryse huistoe gebring met hul wonderlike tennis- en rugbyprestasies.

Dinamika se tennisspelers het Vrydag teen Germiston High by die Bracken Tennisklub uitstekend gespeel. Die uitslae na nege stelle was: Hul eerste span dogters het 64-8 gewen en die tweede span seuns het 62-10 gewen.

Die Saterdag het Dinamika weer geskitter toe hulle op tuisgrond teen Hoërskool Jan Viljoen behoorlik die drieë laat tel het. Spanne se uitslae is as volg: o-14 wen 32-7, o-16 wen 29-14, tweede span wen 26-14 en die eerstes wen 22-10.

Die skool wens elke span geluk met hul prestasie – wel gedaan, en hou so aan!
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



