DIE Laerskool Randhart het weereens gewys dat hulle netbal- en rugbyspelers van formaat het.
“Ons spanne het uitstekend presteer gedurende vanjaar se Super 12-rugby en netbal kompetisie,” sê Michael Boucher van die skool.

Op Saterdag, 22 April, het die Ranties aan die groepwedstryde deelgeneem teen Laerskool Constantiapark en Laerskool Pietersburg-Suid. Die semi-finale en finale het op Maandag, 24 April, te L.C de Villiers (Tukkies) plaasgevind.
Laerskool Randhart het geslaag daarin om algeheel vyfde uit ‘n totaal van 24 skole in die kompetisie te eindig.
Rugby behaal ‘n vyfde posisie en die spanne eindig as volg: o-nege: 11de; o-10: sesde; o-11: vierde en die eerste span eindig tweede.
Netbal eindig derde en die spanne eindig as volg: o-10: eerste: o-11: gesamentlik vyfde: o-12: sesde en o-13: derde.

Middel: Brendon van Rooyen, Reinhard van der Linden, Grant Coetzee, Nathan Bester, CJ Ndlela, David Kock, Ryan Langford en SG Richards;
Agter: Mnr. Francois Venter (afrigter), Jarred Grünewald, Armand Joubert, Emil Croeser, Nathan Botha, Matthew van der Mescht, Reece Claassen, Emile van Niekerk en Mnr. Morné McMaster (hulp afrigter).
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



