LAERSKOOL President Steyn het op 14 September hul 80ste verjaarsdag gevier en dit was nou ‘n behoorlike fees, kompleet met kolwyntjies en pret.

Op Donderdagoggend het feesvieringe begin met leerders wat elk ‘n versierde kolwyntjie ontvang het en na die rugbyveld uitbeweeg het. Hier is die syfer 80 deur die leerders op die rugbyveld gevorm. Ander skole in Alberton het ook seker gemaak om koeke en penne by die skool vir hul verjaarsdag af te laai.

Nog was dit het einde niet. Die aand was daar ’n fliekaand met ‘n piekniek gehou om die vieringe verder te vat. Op 15 September was daar ’n kleurfees gehou.

“As jy kinders met sulke groen, pers, geel, blou poeiervlekker oral oor in die dorp raakloop het, moet jy weet dat hulle van Laerskool President Steyn is. Steyntjies geniet hul skooljare en ek hoop tussen al die feesvieringe deur was daar tyd vir ’n stukkie koek,” het Martie Heystek, hoof van Hoërskool Marais Viljoen gesê.

Oud-leerders het die skool veels geluk gewens en hier is ’n paar boodskappe:
- “Gelukkige 80ste Verjaarsdag Laerskool President Steyn! Dankie vir julle harde werk met ons kinders,” het Chantell Van Graan Coetzee geskryf.
- Ronel Geldenhuys Vermaak het die volgende gesê; “80 dis ‘n mylpaal! Baie Geluk mag julle ‘n wonderlike twee dae van veesviering hê! Met ‘n geswoeg en gesweet het julle tot hier deurgebreek. Mag julle altyd onthou om op te kyk as julle na raad en leiding verlang! Want van dag een af was dit waar; ons Skepper was nog altyd daar! Altyd een treë voor en een treë agter ons om ons te beskerm en bewaar. Hy tel ons op as ons val en deel in ons geluk. Mag daar nog vele gelukkige jare voorle saam met die wat vir ons saak maak.”
- “Baie geluk. Was ook in Predident Steyn sowel as my twee kinders. Die beste laerskool ooit,” het Ina van Niekerk gesê.
- “Baie geluk aan my eerste skool 1956!! Ons matrieks van Albertonse Hoërskool 1967 hou ons reünie op 30 September!,” het Karel Zaayman gesê.
- Andre van Zyl het die volgende te sê gehad; “Veels geluk, was daar van 1960 tot 1962.”





For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



