NewsSchools

Laerskool Randhart neem deel aan ’n colour run

Die hoogtepunt was toe die graad sewe leerders en leerlingraadslede laaste die geleentheid gekry het om die roete te hardloop en almal hulle met verf kon gooi.

DIT was een bont gedoente en die deelnemers het met groot opgewondenheid, na weke se opbou, die pret aangepak. Laerskool Randhart se leerlingraad het op 14 Oktober ‘n colour run by Meyerplaas aangebied en was dit nou nie een plesierigheid nie.

MASSIEWE DEELNAME: Hordes mense wat deelgeneem het aan die “colour run”.

Douvoordag het deelnemers by die honderde opgedaag, elkeen geklee in wit en net voor die eerste skoot geklap het, was daar ’n vlaag verfpoeier wat deur elke deelnemer gestrooi is en elke gesig en lyf met helder kleure oortrek het.

Oupas, oumas, pappas, mammas, boeties en sussies was almal deel van die geleentheid en oud en jonk het ’n fees gehad.

MAATJIES: Drie vriendinne wat deelgeneem het.

Rantie-onderwysers het op gegewe punte op die 4.1km roete gestaan en die deelnemers met verfpoeier gegooi, maar die onderwysers het nie skoon daarvan af weggekom nie en was ook teen die einde daarvan met gekleurde poeier bedek.

Die hoogtepunt was toe die graad sewe leerders en leerlingraadslede laaste die geleentheid gekry het om die roete te hardloop en almal hulle met verf kon gooi.

OUD EN JONK VERTEENWOORDIG: Of dit nou pa of ma was, oupa of ouma – jonk en oud het groot pret gehad.

Dit was ’n heerlike dag met so baie te doen vir ieder en elk. Daar was stalletjies om die kooplustiges besig te hou, kosstalletjies vir die hongeres en selfs ’n paar dansgroepe het die skare vermaak. Die jong klomp het ’n meganiese bul en opblaasspeelgoed gehad om hulle mee besig te hou.

VIR DIE HELE GESIN: Kinders en hul ouers geniet die lekkernye wat aangebied was.

Daar was ongelooflike pryse geborg, onder andere twee fietse, geskenkbewyse, sakke en koskoopbewyse deur Raceview Motors, Decathlon, Fox Security, Waterways en Rocomamas.

“So ’n geleentheid kan net moontlik gemaak word as ’n mens deur soveel wonderlike maatskappye bygestaan word,” sê Michael Boucher van die skool.

VOL KLEUR: Leerders en onderwysers saam.

“Dit was ’n hoogtepunt op die Rantie-kalender en ’n dag wat almal vir ’n lang tyd sal onthou,” het hy bygevoeg.

LEKKER OEFENSESSIE: Deelnemers draf lekker.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button