RANDHART se Wonderwerkies Kleuterskool het ’n ruk gelede begin om groot bottels water in te samel om twee van hul leerlinge en hul gesin met ’n waterkrisis te help.
Die leerlinge en hul familie woon op ’n plaas in Meyerton en daar is byna geen water nie. Die stigter van Wonderwerkies Kleuterskool, Rosa Breytenbach, het toe initiatief geneem en ander ouers gevra om te help water insamel en die bottels dan by die skool te kom aflewer.
“Ek help graag waar ek kan, maar ek hoop die gemeenskap is ook bereid om water te skenk en iemand in nood te help, al is dit nie iemand wat hulle persoonlik ken nie,” het Rosa gesê.
Tot dusver het Wonderwerkies 14 groot bottels water ingesamel van omtrent vyf liter elk. Hoewel dit meer is as wat daar op die plaas is, is dit net genoeg om vir ’n ruk lank koffie en tee vir almal te kan voorsien.
Rosa doen ’n beroep op Albertonners om water na Wonderwerkies Kleuterskool by 1 Malagiet Straat, Randhart te bring. Indien jy enige vrae het of reëlings wil tref oor waterdonasies, kontak gerus 081 270 7508 (verkieslik) of stuur ’n e-pos na elbiebester@gmail.com.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



