DIE REKORD het Laerskool President Steyn op 17 Januarie besoek om ’n paar fotos van die nuwe Graad Een leerders te neem.
Kyk:
TE OULIK: Aneldie Cronjé vier haar eerste dag van ‘grootskool’ by Laerskool President Steyn.NUUT: Amy Korff is baie opgewonde oor haar eerste dag van skool.OPGEWONDE: Caulum Pucjulowski het op 17 Januarie sy skoolloopbaan by President Steyn begin.BEKKIG: David Makombo is in die Vissie-klas by Laerskool President Steyn en hy het in bekkige Afrikaans gesels oor sy eerste skool. Sien die video op ons webwerf.VRIENDELIK: Hier is klein Carlé Olckers van Laerskool President Steyn op haar eerste dag van skool.