NewsSchools

Marais Viljoen nuus

Hulle maak skoonskip in Alberton atletiek, kry nuwe spykerskoene en twee rugby legendes kom kuier.

MARAIS Viljoen Hoërskool maak skoonskip in Alberton atletiek, Thabo Viti (die skool se langafstand kampioen) kry nuwe spykerskoene, deur Remax geskenk, en twee rugby legendes kom by die skool kuier.

Atletiekkampioene

Marais Viljoen was vol wenners toe hulle by die Groter Alberton atletiekbyeenkoms op 26 Februarie 76 medaljes huis toe gebring het en 53 van hul atlete verkies was vir die distrikspan wat 28 Februarie by die Germiston Stadion gespeel het.

“In vergelyking met ander skole wat gekompeteer het, het ons baie goed gedoen en is ons baie trots,” het Wolfram Zwecker namens die skool gesê.

“Hoërskool Alberton het 49 medaljes, Hoërskool Dinamika het 45 en Alberton High het 21 medaljes huis toe gevat.”

RUGBY LEGENDES: Os du Randt, Ryno Luus (van die skool) en Naka Drotske.

Steratleet kry nuwe skoene

Remax Alberton het in die eerste week van Maart ’n paar nuwe spykerskoene aan Thabo Viti, die skool se langafstand kampioen, oorhandig.

Die skenking vorm deel van die bekende eiendomsagentskap se gemeenskapsbetrokkenheid.

“Marais Viljoen en Thabo sê dankie en waardeer die erkenning en toewyding wat Remax aan Marais Viljoen, sy leerders en die gemeenskap gee,” het Wolfram Zwecker namens die skool gesê.

Rugbylegendes kom kuier

Oud-Springbokke en wêreldbeker-wenners, Os du Randt en Naka Drotske, het op 1 Maart by Marais Viljoen gaan kuier.

“Die besoek was net ’n lekker kuier om ou vrienskappe weer bietjie aan te wakker,” het Wolfram Zwecker namens die skool gesê.

“Dit was ook om met Ryno Luus, die skool se sportdirekteur, ’n paar idees uit te ruil. Tussen dié drie koppe is daar baie rugbykennis en idees wat hul pad terug by die seuns op die rugbyveld gaan vind.”

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button