HOËRSKOOL Dinamika se o-17 en o-15 netbalspanne is behoorlik aan die brand vanjaar.
Die o-17 A netbalspan het op 15 en 16 Junie aan die Gauteng Kampioenskappe by Hoërskool Dr EG Jansen deelgeneem. Die span het in Poel A gespeel en slegs een wedstryd verloor.
Die tellings is as volg:
Wen: Hoërskool Krugersdorp: 33-7; Hoërskool Zwartkop: 30-7; Afrikaans Hoër Meisieskool: 19-13; Kwartfinaal teen Hoërskool Helpmekaar: 29-10; Semi-finaal teen Hoërskool Waterkloof: 26-13.
Verloor: Finaal teen Afrikaans Hoër Meisieskool (Affies): 21-22.
Die o-17 span gaan nou deur SA’s toe.
Verder het die o-15 netbalmeisies aan die Motsepe toernooi in Krugersdorp gaan deelneem en uitstekend presteer. Hulle het al hul poelwedstryde gewen.
Dinamika teen Trinity Secondary School: 20-13; Dinamika teen Hoërskool Zwartkop: 17-13; Dinamika teen Hoërskool Oos-Moot: 22-15.
Hulle het dan ook die kwartfinaal teen Hoërskool Noordheuwel gewen 25-9, maar ongelukkig verloor in die semi-finaal teen Hoërskool Helpmekaar: 16-25, en ook in die finaal teen Hoërskool Monument 18-22.
Verder het die o-15 span vierde geëindig in Gauteng uit 17 skole wat deelgeneem het. Die eerste agt plekke: Affies (wenners), Hoërskool Helpmekaar, Hoërskool Monument, Hoërskool Dinamika, Hoërskool Menlopark, Heidelberg Volkskool, Hoërskool Zwartskop en Hoërskool Noordheuwel (laaste plek).
Veels geluk aan almal en baie sterkte vir die o-17 netbalmeisies.
*Fotos deur skool verskaf.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.




