HOËRSKOOL Dinamika spog met drie nuwe sportprestasies.
Een van hul juffrouens het onlangs ’n Gauteng netbalspan afgerig, ’n netbalspeler is gekies om die land te verteenwoordig in Nieu-Seeland en een van die skool se krieketspelers is as beste speler en kolwer aangewys.
Hoërskool Dinamika se netbalorganiseerder, Reinette Venter, het die voorreg gehad om die o-14 Gauteng netbalspan af te rig tydens die Gauteng Netbalkampioenskappe wat gedurende die Julie vakansie plaasgevind het. Haar span het derde in hierdie toernooi geëindig.

Gedurende dieselfde kampioenskappe is Namie-netbalspeler Melindi Nortjé gekies om deel te wees van die o-17 SA Skole netbalspan. Dié span gaan volgende jaar na Nieu-Seeland toe.
’n Graad Nege Namie-leerling en krieketspeler, Damian Smith, is tydens die Ben Vorster Kriekettoer wat in Tzaneen plaasgevind het, aangewys as die beste speler en kolwer van die toernooi.
Damian het 120 (82) balle teen Hoërskool Garsfontein geslaan, 148 (82) teen Hoërskool Oosterland, 39 (33) teen Hoërskool Montana en 72 (57) nie uit nie teen Hoërskool Ben Vorster.

Tydens die toer het Damian altesaam 379 lopies in vier kolfbeurte geslaan.
READ:
Alberton High equestrian girls represents Ekurhuleni at the Gauteng finals
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



