LOUISA Jordaan het die afgelope 37 jaar aan ander toegewy. Sy het die taak met groot ywer en onderskeiding getakel.
Haar onderwysloopbaan het in 1980 by Hoërskool Carltonville begin. In 1983 verhuis sy na Alberton en word sy aangestel by destydse Laerskool Willen Cruywagen, wat later saamgesmelt het met Laerskool Jan Meyer om Laerskool Orion te word.
Sy het vir 30 jaar by dié skool as senior fase departementshoof gedien.
Louisa het die besluit geneem om op 30 April af te tree, maar help steeds by die skool met buitemuurse aktiwiteite.
Laerskool Orion en Alberton wil haar bedank vir ’n hart wat almal altyd eerste gestel het.
“Dankie vir die omgee vir kinders en mense wat swaarkry. Dankie vir die mooi waardes wat jy gestel het wat kinders, ouers en kollegas kon nastreef. Dankie vir die mooi en opregte leiding wat jy altyd geneem het.
“Jy was altyd ’n student en het jou Laerskool Orion se atletiekkampioene
roeping met ywer uitgeleef. Dit wat jy in die gemeenskap ingeploeg het, kan nooit in geldwaarde gemeet word nie. Elke kind, ouer en kollega wat jou pad gekruis het, weet watter bydrae jy gelewer het in die vorming van hul kinders.
“Iemand met jou ervaring en toewyding word nie maklik vervang nie. Jou aftrede is ’n groot verlies vir ons gemeenskap en onderwys in sy geheel. Dit gesê, gun ons jou ’n wonderlike rustyd saam met haar jou gade, Jorrie Jordaan, wat einde 2017 ook afgetree het na 36 jaar in die onderwys,” het Johan Grové, hoof van Laerskool Orion, namens die skool gesê.
Lees Ook:
Laerskool Orion se atletiekkampioene
Laerskool Orion sit vir hul teenstanders ore aan op die Rugbyveld
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



