Hoërskool Alberton se klas van 2019 het ‘n slaagsyfer van 97.3% behaal.
Volgens Dr Jorrie Jordaan, die skoolhoof, het 112 leerders eksamen geskryf.
Die Allies het ook ‘n 79% universiteitsvrystelling.
Toppresteerders was onder andere Clarinda Bruijns met vier onderskeidings en dan het Elna le Roux, Carli Smit en Marnise Zietsman elk twee onderskeidings behaal.
“Baie geluk aan die klas van 2019. Ons deel in julle vreugde. Dankie vir die afgelope vyf jaar. Ons beste wense vergesel julle vir die toekoms wat voorlê,” het Jordaan gesê.
VIEW GALLERY:
Marnise Zietsman het onderskeidings in toerisme en lewensoriëntering behaal.
Carli Smit het onderskeidings vir Afrikaans en lewensoriëntering gekry.
Clarinda Bruijns het onderskeidings in lewensoriëntering, lewenswetenskap, fisiese wetenskap en rekeningkunde.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!