ALBERTON – Hoërskool Dinamika het op Saterdag Julie 26 teen Hoërskool Florida se eerste span gespeel, waar hulle die paaltjies vinnig laat kantel het. Dinamika se span slaan 215 vir tien, met Duane le Grange wat 63 lopies slaan. Hulle slaag daarin om Florida uit te boul vir 117 lopies. Jahn Hart het die beste boulsyfers behaal met vyf paaltjies vir net 35 lopies in vyf beurte. Dinamika wen die wedstryd met 98 lopies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



