NewsSchools

Laerskool Randhart ‘kenmekaar’

Sondag 11 Januarie was 'n feestelike gebeurtenis vir kind en kraai by die leerlingraad van 2015 se ‘kenmekaar’.

Alberton- Die waterglybaan, swembad en volleyball het gesorg vir heerlike vermaak terwyl die mammas en pappas mekaar beter leer ken het om die braaivure.

Die Art Farm met sy groot bome en rustige atmosfeer was die ideale plek vir die geleentheid . Die plaas is net duskant die Eye of Africa gholfbaan en behoort aan Eugene en Ilse Bekker.

Die dag was ‘n groot sukses en die jaar beloof goeie dinge vir die leiers van Laerskool Randhart.

Ons wens hulle alle sukses toe vir 2015!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button