Randhart se netbalsterre verower brons
Laerskool Randhart se o.11 netbal speelsters reken brons proe lekker.
RANDHART — KOUE wintersweer kon Laerskool Randhart se o.11 netbalspan nie keer om brons te wen by vanjaar se Winterspele nie.
Dié staatmakerspan, wat deur Marlize Visser een van die onderwyseresse afgerig word, het die skool se naam hoog gehou deur Laerskool Helderkruin 14-4 in hul finale wedstryd te klop.
Die Winterspele is by Hoërskool Florida aan die Wes-Rand aangebied.
Verwante artikels:
• Alberton High’s first netball team takes trophy
• Kenton Primary netball team in Margate Sports tournament



