Local NewsNews

FOTO’S: Vroue gesels hartsake oor tee vir liefdadigheid

Kleurvolle tafels en heerlike lekkernye het die dames, tydens ’n fondsinsamelingsinisiatief vir gestremde volwassenes, behoorlik aan die gons gehad.

Broken Wings Vereniging vir Volwassenes met Gestremdhede het onlangs hulle jaarlikse vrouetee by die Alberton Burgersentrum aangebied.

By die tee het bykans 110 vroue heerlik gekuier by tafels, gedek volgens ’n skoenlapper-tema, en oor liplekker lekkernye en warm drinkgoed hartsake gesels.

Brunhilde du Toit, ’n sangeres en pastorale terapeut van Pretoria, het met ’n inspirerende Bybelse-boodskap die vroue moed ingepraat voordat sy van die liedjies op haar album, Ek is veilig, gesing het.

Brunhilde se boodskap het onder meer gehandel oor die verhaal van Rut, wie ten spyte van terugslae nooit moed opgegee het nie. “Sy het ’n hart gehad wat aanhou doen het,” het sy gesê.

Verskeie gelukkige trekke is gehou terwyl daar aan die lekkernye gepeusel is.

Sheryl Swanepoel van Broken Wings, ’n dagsorgsentrum vir gestremdes wat op fondsinsamelingsinisiatiewe en die goedhartigheid van die gemeenskap staatmaak, het gesê die dag was baie suksesvol. “Dit kos die sentrum sowat R34 000 per maand om aan die gang te bly en daarom wil ons elkeen en al ons borge bedank wat hierdie dag moontlik gemaak het.”

Vir meer inligting oor Broken Wings kontak Sheryl by 072 998 7767 of stuur ’n e-pos na Sheryl15@mobileemail.vodafonesa.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button