Community AnnouncementsNews

Gholfers uitgenooi na fondsinsameling

’n Gholfdag word vir die Snip en Rissiepit Kleuterskool beplan.

Snip en Rissiepit Kleuterskool bied op 21 Oktober ’n fondsinsamelings gholfdag by die South Downs Buiteklub in Kiblerpark aan.

Die dag beloop R250 per speler en R1 000 per vierbal en sluit aandete en die prysuitdeling in. Die huur van ’n gholfkarretjie en die gebruik van die halfweghuis is nie ingesluit nie.

Besighede wat by die dag betrokke wil wees kan pryse of ’n putjie teen R1 500 borg.

Kontak die skoolhoof, Elmi Botha, by 083 641 0663 vir meer inligting oor die fondsinsameling.

Bespreek afslaantye by Wanda de Lange by 083 260 5582 of per e-pos by delangewanda46@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button