Derduisende liter water gaan tans in Brackendowns verlore ten spyte daarvan dat Suid-Afrika tans sy droogste jaar in meer as 30 jaar beleef.
Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, het op Sondag, 1 November, gewaarsku dat die land in ’n waterkrisis is en dat vier provinsies reeds onder droeë toestande gebuk gaan.
Dennis Henning, ’n inwoner, voel dat Rand Water, Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) se waterverskaffer, nie hulle kant bybring nie.
KYK ONDER VIR VIDEO:
Hy en verskeie inwoners het aan die RECORD gerapporteer dat derduisende liter water by ’n waterklep van Rand Water, langs Kliprivierweg en duskant die Kromvlei Begraafplaas, vermoedelik vir meer as ’n week reeds sonder ophou water verloor.
Lees ook: Waar is die waterdruk?
Henning het gesê hy het die waterlek al op 26 Oktober by Rand Water se Waterraad gerapporteer toe hy dit die eerste keer gesien het, maar ’n week later is die probleem steeds nie opgelos nie.

“Ons word gevra om ons deel te doen om water te bespaar, maar klaarblyklik gee [Rand Water] glad nie om om self water te bespaar nie,” verduidelik Henning.
Met die RECORD se besoek aan dié waterklep op Maandag, 2 November, is daar gesien hoe die water steeds soos ’n fontein oor die waterklepstruktuur en padlangs afvloei.
“Ek is ongelukkig hieroor, want ’n mens kan sien dat dit suiwer drinkwater is. Ek kan nie my tuin behoorlik natmaak nie, omdat ek water wil bespaar.”
Dit lyk soos ‘n waterfontein:
Henning het gesê hy gebruik gryswater om sy tuinbeddings en grasperke nat te maak.
Die EMM en Rand Water het verlede week in ’n verklaring inwoners gevra om water spaarsamig te gebruik omdat die hoë temperature in Rand Water se opvangsgebiede groot druk op sy watervoorsieningstelsel plaas.
“Die gebrek aan reën in Gauteng vererger ook die situasie,” het Themba Gadebe, EMM-munisipale woordvoerder, in die verklaring gesê.

Justice Mohale, ’n Rand Water woordvoerder, het gesê hulle sal die klagtes ondersoek.
Weet jy van enige water lekkasies in jou area? Stuur vir RECORD se nuusredakteur, Jacobus Myburgh ’n e-pos na jakesm@caxton.co.za.
Soortgelyke artikels:
• Ekurhuleni invests R500 000 for a water tower
• VIDEO: Lekkende brandkraan kwel inwoner
• High water demand troublesome



