NewsSchools

Hoërskool Alberton se groentjiekonsert

Die Höerskool Alberton graad agt leerders het op 3 Februarie aan die groentjiekonsert deelgeneem.

DIT was voorwaar ’n aand waarin feeverhale ’n ander mening gekry het soos die graad agt leerders van Hoërskool Alberton die verhoog opgestap het.

Op Woensdag, 3 Februarie, het die groentjies, oftewel die graad agt leerders van Allies, hulle jaarlikse groentjiekonsert opgevoer.

Leerders het hulle weergawe van klassieke feeverhale soos Rooikoppie en Aspoestertjie tot groot vermaak van hulle families, onderwysers en klasmaats op die planke gebring.

Die groentjiekonsert is nie net ’n tradisie nie; dit is ook ’n kompetisie tussen die graad agt klasse. Vanjaar het die leerders van 8C met hul storie, Die Drie Varkies, met die louere weggestap. In tweede en derde plekke was 8D en 8A.

Loer hier vir ’n kort kykie na die groentjiekonsert

Lees:

Welkom aan Allie graad 8’s van 2015

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button